Mullies doen dinge so ‘n bietjie anders by Sing in Harmonie

Mareli Roodt, die koor se dirigent, sê dit moet vir die koor en die gehoor lekker wees wanneer hulle sing. Foto: Verskaf.

Deur dit anders te doen, het Laerskool Muldersdrif se koor daarin geslaag om reeds in die eerste rondte van vanjaar se Sing in Harmonie-koorkompetisie na die eindrondte deur te dring.

Sonder om dié anders te verklap, het Mareli Roodt, die koor se dirigent, bloot gesê, “Ek hou daarvan om ’n ding ’n bietjie anders te doen. Die kinders moet dit geniet en dit moet nuut en vars wees. Dit moet pret wees. Dit móét vir die kinders en vir my lekker wees. Dis ’n storie wat jy vertel. Die gehoor moet dit dus ook geniet.”

Volgens Mareli is dit die derde jaar dat Laerskool Muldersdrif se seniorkoor, wat uit leerlinge in Graad 4 tot Graad 7 bestaan, aan dié grootste koorkompetisie in die land deelneem.

“In die eerste jaar is ons koor as die beste nuweling in Sing in Harmonie aangewys, verlede jaar het hulle algeheel derde geëindig en nou is ons in die finaal.”

Die eindrondte van die sesde seisoen, waarvan die eerste episode op 3 Junie op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) uitgesaai is, sal in September uitgesaai word.

Mareli het vertel dat die werk geensins nou ophou nie. “Ons gaan nou oefen soos ’n drilparade,” het sy gesê en al te lekker gelag.

Sing in Harmonie is Anthonie Bougas van Supersterre-faam se breinkind.

Dit is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan televisieblootstelling, pryspakette en aantal inskrywings.

Anthonie is die aanbieder, skrywer en vervaardiger van dié gesogte jaarlikse kompetisie, waartydens honderde kore van laer- en hoërskole van regoor die land met mekaar meeding.

Suid-Afrika het vir die eerste keer in 2007 met Anthonie kennis gemaak toe hy aan Supersterre deelgeneem het. Deesdae sien ons hom as aanbieder van verskillende programme soos Sing in Harmonie, Kleuterzone en Solis vir Christus. Hy het al selfs ’n draai in die sepie Villa Rosa gemaak.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ondersteun dié koorkompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Johan Jansen van Vuuren, projekbestuurder van die FAK, het gesê die FAK tree op as trotse kultuurvennoot van Sing in Harmonie.

“Die bevordering van koormusiek is vir die FAK baie belangrik. Deelnemers ontvang FAK-sertifikate, wenkore ontvang FAK-trofees en FAK Sangbundels word uitgedeel. Die bevordering van koormusiek is die sleutel tot jeugontwikkeling en die oorbrugging van taalgrense.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: