[OPVOLG] Nagklub reputasie ly skade weens raaiselmoord

Volgens Wilma Sammons is Thinus se lyk ongeveer 200 meter van haar besigheid af by die sloot gevind. Foto: Alanicka Lotriet.

Die News het onlangs berig oor Thinus Coetzee wat nagenoeg vier jaar gelede op 18-jarige ouderdom vermoor is.

Sy liggaam is die Sondagoggend (1 Junie) naby ‘n bekende nagklub in Burgershoop gevind.

Wilma Sammons by die nagklub se badkamermuur. Foto: Alanicka Lotriet.

Die eienaar van dié nagklub, Wilma Sammons, het onlangs haar kommer uitgespreek rakende die reputasie van Lime Lite Pub and Grill sedert die voorval.

“My naam is onnodig deur die modder gesleep. Mense is onder die indruk dat hy agter Lime Lite gevind is, maar dis nie so nie. Hy is langs ‘n sloot in ‘n oop veld, sowat 200 meter van my besigheid af gevind,” het sy vertel.

Lees meer: OPVOLG: Jong man se liggaam agter nagklub: Moorddossier geopen

Sy het verder vertel dat dit vir haar kommerwekkend is dat mense die voorval met haar nagklub assosieer. Volgens haar is daar ‘n aantal ander besighede wat nog nader aan die misdaadtoneel geleë is as haar eie.

Volgens Wilma Sammons is Thinus se lyk ongeveer 200 meter van haar besigheid af by die sloot gevind. Foto: Alanicka Lotriet.

Wilma, wat dié nagklub reeds 14 jaar besit, het vertel dat alhoewel haar onderneming verkeerdelik betrek is, sy steeds die geleenthede ondersteun wat ter herinnering van Thinus gehou word.

Lees ook: Moordsaak na jaar steeds onopgelos

Lees gerus die volle artikel op bladsy 3 in hierdie week (18 Mei) se uitgawe van die News wat Woensdag afgelewer word.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: