VF Plus praat met LUR oor Mogale City-probleme

Die afvaardiging van die VF Plus in Gauteng saam met die Gauteng LUR vir Plaaslike Regering. Foto: Ingestuur.

Die Vryheidsfront (VF) Plus in Gauteng het onlangs in Johannesburg met dié provinsie se nuwe Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Plaaslike Regering, Uhuru Moila, gesels oor probleme in Mogale City.

Die VF Plus het dié gesprek aangevra na maande se swak dienslewering en politieke probleme in die munisipaliteit.

Die politieke onrus in die munisipaliteit wat besig is om dienslewering erg te kniehalter is met die LUR bespreek. Die munisipaliteit gaan ook gebuk onder erge finansiële spanning en is tans besig om ontslae te raak van sy eiendomme, soos die Bob van Reenen-stadion en die Krugersdorp-wildsreservaat, om sy skulde te delg.

Die VF Plus het reeds hierdie jaar druk geplaas op die vorige LUR, Paul Mashatile, en het op 1 Maart vanjaar daarop aangedring dat die premier hom moet verwyder as LUR. Hy is die volgende dag met Moila vervang.

Die VF Plus het dadelik ‘n gesprek met die nuwe LUR aangevra om hierdie probleme te bespreek en die LUR het dadelik tot so ‘n gesprek ingestem.

Die afvaardiging van die VF Plus in Gauteng het bestaan uit Philip van Staden, Lid van die Provinsiale Wetgewer, Jaco Mulder, leier van die VF Plus in Gauteng, asook raadslid Amanda de Lange.

“Konstruktiewe gesprekvoering is baie nodig om probleme in Gauteng te probeer oplos. Die VF Plus spreek die hoop uit dat Moila daadwerklik die politieke wil sal toon om in te gryp om die Emfuleni- en Mogale City-munisipaliteite reg te ruk sodat voldoende dienste aan inwoners gelewer kan word,” het Van Staden gesê.

Moila het ‘n moeilike taak op sy skouers om plaaslike regering in Gauteng vlot te laat verloop en die VF Plus is hoopvol dat hy veel beter sal vaar as sy voorganger.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: