Nullies vaar puik by redenaarskompetisie

Mieke van der Merwe en Markus Rossouw sien reeds uit na hul volgende kompetisie. Foto: Alanicka Lotriet.

Dames en here, dit is met groot trots dat Laerskool Mulderdrift (Mullies) die uitmuntende prestasies van drie van hul Nullies Kleuterskool Graad R-leerders bekend maak.

Op Vrydag, 16 Maart het dié drie maats aan die jaarlikse ATKV Pikkie-redenaarskompetisie by Laerskool Protearif deelgeneem. Daar het talle Graad R’e die geleentheid gekry om hul menings en perspektiewe aan die gehoor oor te dra.

Mieke van der Merwe en Markus Rossouw saam met Paula van der Merwe. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Graad R-onderwyser, Paula van der Merwe kon deelnemers onder andere kies tussen onderwerpe soos ‘Miere’ en ‘Druppels’.

Mullies is trots op Mieke van der Merwe wat ‘n eerste plek behaal het, Kiara Rossouw wat ‘n tweede plek behaal het, asook Markus Beyers wat ‘n derde plek losgepraat het.

“Hulle het ongelooflik hard gewerk vir dit wat hulle bereik het. Ons is baie trots op hulle en glo dat hulle dit self vreeslik geniet het. Ons is ook opgewonde om te sien wat hulle als in toekoms gaan bereik,” het Paula vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: