Teenboelieveldtog skop af by Noordskool

Die Matteus-knopie wat elke leerder ontvang het.

AfriForum het Laerskool Krugersdorp-Noord einde Januarie en begin Februarie besoek – die eerste skool wat deel vorm van dié burgerregtewaghond se teenboelieveldtog vir 2018.

Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” het Leandie Lombaard, koördineerder van AfriForum se leierskapsontwikkeling in skole gesê.

Graad 4-leerder JJ Basson sê dis nie cool om te boelie nie.

Leerders is sommer op die eerste dag tydens saalopening ingelig oor wat ’n boelie werklik is en bekendgestel aan Matteus, die kenteken van die veldtog. Daar is aan die kinders verduidelik dat Matteus die wapenrusting dra en dat daar ook in Matteus 7:12 staan: “Behandel ander soos jy graag behandel wil word”.

Op die tweede dag van die boeliebewusmakingsweek kon leerders snaakse skoene en kouse aantrek om die skoene van vrede van die wapenrusting uit te beeld. Op dag drie kon die leerders kleurvolle hoede opsit wat die helm van verlossing van die wapenrusting uitbeeld. Op dag vier het die leerders snaakse gordels gedra wat die waarheid as gordel uitbeeld. Op die laaste dag het elke leerder ’n boeliebestande Matteus-knopie ontvang wat hulle met trots kan dra.

Leerders Johan van der Linde en Eduart Martiz.

Ouers kon ook die aanbieding bywoon wat gehandel het oor die regte wat kinders in skole het en hoe kinders deur die Grondwet beskerm word indien die regte stappe geneem word. AfriForum sal later vanjaar ’n teenboeliegids vrystel met die doel om volledige raad aan ouers, onderwysers en leerders te gee.

“Noordskool is ’n waardegedrewe Afrikaanse skool wat na die positiewe streef. Ons visie is dat elke leerder tot sy/ haar beste potensiaal ontwikkel en ons missie is om ’n bevorderlike en veilige leeromgewing te skep waarin leerders en onderwysers in ’n Christelike, Afrikaanse raamwerk tot hul volle potensiaal kan ontwikkel,” het Anita Miller, departementshoof oor die dogters van Laerskool Krugersdorp-Noord gesê.

Talle leerders het oulike sokkies en kleurvolle skoene aangetrek.

“Die boeliebestande Matteus-knopie wat elke leerder van Noordskool aan die einde van die boeliebewusmakingsweek ontvang het, vorm deel van ons skool se waardegedrewe stelsel wat op positiewe gedrag fokus. Elke leerder streef daarna om geen negatiewe inskrywings op die waardestelsel te ontvang nie. Aan die einde van elke siklus sal leerders wat kwalifiseer (wat dus geen negatiewe inskrywings het nie) ’n trotse Norie-knopie ontvang wat hy/ sy vir die volgende siklus mag dra. Die teenboelieknopie loop hand aan hand met hierdie stelsel, waar ons enige boelie-oortredings sal gebruik om te bepaal of hulle die boeliebestande knopie sal hou of verloor. Leerders wat geen inskrywings vir die jaar ontvang het nie, kry dan ’n lapelwapen genaamd Superarend 2018. Leerders kan ook aansoek doen of werk om negatiewe inskrywings te kanselleer,” het Quintin Botha, departementshoof oor die seuns by Noordskool verduidelik.

Stuur ’n epos na [email protected] as jou kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak.

Kyk gerus na die bewusmakingsvideo hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: