Waterprobleme word nie vinnig genoeg opgelos nie

Amanda de Lange, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in Mogale City.

Belastingbetalers in Krugersdorp is omgekrap omdat die areas wat diensleweringsprobleme het, ook dié is waar die inwoners die getrouste vir hul munisipale dienste betaal. Hulle dra die munisipaliteit finansieel, maar dienslewering verswak by die dag.

Amanda de Lange, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in Mogale City Plaaslike Munisipaliteit (MCPM) het gesê dat die departement wat verantwoordelik vir waterprobleemoplossing is nie kon verduidelik hoekom die probleme nie vinniger opgelos word nie.

Lees ook: Watergemors in Mindalore na glips

“Waterprobleme in Mogale City kom al hoe meer voor en dit duur langer voordat MCPM die probleme uitgesorteer kry,” het De Lange gesê. Volgens haar was Kenmare en Krugersdorp-Wes verlede week vier dae lank sonder water.

“In Rustenburgstraat is daar heelwat besighede wat desperaat moes gaan water koop om hul deure oop te hou. Sommige besighede het uit moedeloosheid na die vierde dag sonder water opgegee en hul deure toegemaak, en groot verliese gely.

De Lange het vertel dat bepaalde areas in Krugersdorp sedert die begin van die jaar reeds 10 keer sonder water was. Die syfer sedert November is nagenoeg 20 keer. Die waterprobleme word op elke maandelikse portefeuljekomiteevergadering bespreek en daar word gepleit dat dringend aandag daaraan gegee word. Volgens De Lange het sy in vele raadsvergaderings ook versoek dat diensleweringsdepartemente soos Infrastruktuur dringend voorkeuraandag moet kry en beter toegerus word.

“Daar is egter ondanks vele versoeke bykans 100 politieke aanstellings in ander departemente gedoen – ten koste van diensleweringsdepartemente.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends: