Merke, gereed, stileer!

Nicolene Minnie, Anneke Oberholzer en Marisca Mulder is gereed vir die stylvolle gedoente. Foto: Alanicka Lotriet.

Ligte, kamera, aksie! Die Idols van haarkappery is hier, en die land se stileerders staan reg met vlymskerp skêre, helder haarkleursel en ‘n wil wat skrik vir niks.

Vir die eerste keer kry salonne regoor Suid-Afrika die geleentheid om hul vaardighede ten toon te stel as deel van ‘n nuwe televisiereeks genaamd Só Doen Mens Hare.

Plaaslike saloneienaars Nicolene Minnie en Theorita Thessner was opgewonde toe die programvervaardigers dit goedgedink het om hul salonne vir kykers te wys en hulle was boonop van die eerstes wat besoek is.

Volgens organiseerder en aanbieder, Anneke Oberholzer sal 33 salonne van Krugersdorp tot Kaapstad en oral intussen binne ongeveer ‘n maand besoek word.

Danica O’Brien is gereed vir haar oormaaksessie. Foto: Alanicka Lotriet.

“Daar word van elke salon verwag om ‘n model gereed te hê wat hulle dan voor die kameras ‘n oormaaksessie moet gee. Hulle kan kies wat hulle alles wil aanpak. Hulle kan die model se hare sny, kleur en stileer; alles wat hulle nodig ag. Die doel is om te sien hoe hulle dit doen,” het sy verduidelik.

Die reeks sal bestaan uit 13 episodes en sal van die begin van Maart af op DStv se Via-kanaal asook StarSat se myTV-kanaal gebeeldsend word. Teen die einde van die reeks sal kykers die geleentheid hê om vir hul gunsteling salon via SMS te stem.

“Ons is vreeslik opgewonde om te sien wat elke salon vir hul kykers sal bied. Ons glo dit sal groot aanklank vind by alle vroue – van jonk tot oud. Mag die beste salon wen,” het Anneke ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends: