Noordskool blink uit bo die res

Christo Erasmus, Tera-Leigh Coetzer en Gerhad Myburg hou hul skool se naam hoog. Foto: Alanicka Lotriet.

Krugersdorp–Noord — Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) is trots daarop dat hulle op verskeie vlakke erkenning gekry het tydens die Sport, Youth and Culture and Values-toekenningsfunksie wat op Vrydag 2 Februarie by Pro-Practicum Skool aangebied is.

Tydens die spoggeleentheid het drie Nories toekennings ontvang.

Christo Erasmus, Tera-Leigh Coetzer en Gerhard Myburg hou hul skool se naam hoog. Foto: Alanicka Lotriet.

Tera-Leigh Coetzer is aangewys as die Laerskool Dogtersatleet van die Jaar op grond van haar uitstaande prestasies in atletiek. Haar vermoë vir uithou en aanhou, en haar wilskrag het haar gedurende 2017 baie nuwe hoogtes laat bereik. Sy het verskeie rekords opgestel en was sowaar die kampioen van kampioene toe sy ‘n derde plek vir verspring tydens ‘n SA-byeenkoms behaal het.

Tera-Leigh is ook as Noordskool se beste dogtersatleet en beste algehele atleet aangewys. Haar skool is baie trots op haar en wens haar alle sterkte toe met die atletiekseisoen wat voorlê.

“Ek wil graag my skool en afrigters bedank, wat al die moeite en opofferings saam met my deurmaak,” het sy vertel.

Sy is egter nie die enigste een wat die skool se naam hoog gehou het nie. Studente-onderwyser Christo Erasmus het ook die koppe laat draai toe hy as die derde beste Tegniese Beampte van 2017 aangewys is. Noordskool is trots om dié hoogs gekwalifiseerde rugby- en krieketskeidsregter by hulle te kan hê.

Laaste maar nie die minste nie het Gerhard Myburg – wat die afgelope drie jaar die voorsitter van Gauteng-Wes Hokkie is – ‘n toekenning vir sy toewyding en harde werk ontvang. Hy het vertel dat hy verheug is omdat die sport so geweldig gegroei het dat meer as 20 skole elke jaar hul seun- en dogterspanne inskryf.

Die skool is trots op die drie ware Nories wat daarin geslaag het om die res van die skool ontsaglik trots te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends: