Aansoeke om by Akademia te studeer nog nie gesluit

Foto: Pixabay

Noudat die 2017-matriekuitslae bekend is, en aansoeke by die meeste tersiêre onderriginstellings reeds gesluit het, bied Akademia ’n laaste kans vir voornemende studente om vir die 2018 akademiese jaar aansoek te doen om sodoende tersiêre opleiding van gehalte in Afrikaans te ontvang. Laat aansoeke word nog tot 19 Januarie by Akademia aanvaar.

“Vir dié wat beoog om gedurende 2018 verder te studeer, en nog nie aansoek gedoen het nie, bied ons spesiaal op Saterdag, 13 Januarie, by verskeie studiesentrums landswyd, ’n opedag aan om alle vrae te beantwoord,” het Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder verduidelik.

Akademia Krugersdorp is by die NG Krugersdorp-Oos Gemeente in Lismorestraat, Kenmare, gevestig.

Die opedag bied aan die publiek die geleentheid om aan studenteraad- en personeellede vrae oor die instelling se hoëtegnologie-onderrigmodel en studierigtings te vra. Belangstellendes word uitgenooi om die Akademia-webblad te besoek om vir die opedag te registreer.

Akademia bied die volgende geakkrediteerde kwalifikasies:

• BCom Bestuursrekeningkunde

• BCom Ondernemingsbestuur

• BCom Ekonomie en Regte

• BCom Finansiële Beplanning

• Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie

• Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

• Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Voornemende en huidige studente wat finansiële bystand benodig om hul studies te voltooi, kan ook aansoek doen vir ’n rentevrye studielening deur die Helpende Hand Studiefonds. Dié studielenings is eers terugbetaalbaar wanneer die student afgestudeer het. Studente kan tot Vrydag, 19 Januarie by die Helpende Hand Studiefondssentrum aansoek doen vir hierdie finansiering.

“Akademia en die 2018-studenteraad is baie opgewonde om vanjaar se studente te verwelkom vir ‘n ongelooflike jaar van groei en gehalte-onderwys in ons moedertaal,” het Vogel afgesluit.

Vir meer inligting oor Akademia en hul 13 studiesentrums, besoek die webblad by akademia.ac.za, stuur ’n epos na [email protected], bel 0861 222 888 of SMS jou navraag na 34933 (R2 per SMS).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: