Ebies-oupas en -oupas kuier saam

Een van die paartjies lag lekker saam. Foto: Ingestuur.

Alhoewel Christ Kids Trust – ‘n nieregeringsorganisasie wat daarop fokus om die liefde van God in skole te versprei – ‘n knap begroting het, het hul dit weereens reggekry om met die hulp van die gemeenskap hul jaarlikse Oupa- en Oumadag vir Laerskool Ebenhaeser (Ebies) aan te bied.

Vir die afgelope drie jaar doen dié organisasie ‘n beroep op alle plaaslike inwoners en gasvroue om vir een oggend lig in die lewens van ‘n paar spesiale gaste te bring.

Elke tafel was netjies en uniek vir die spesiale gaste gedek. Foto: Ingestuur.

“Talle inwoners het gereageer deur hul harte en beursies oop te maak. Soveel mense het uit hul pad gegaan om die dag vir die grootouers van Ebies-leerders moontlik te maak,” het Joey Human van Christ Kids, wat in beheer is van die projek, vertel.

Dié dag het ongeveer 100 gaste, waarvan 80 oumas en oupas was, in Ebies se skoolsaal bymekaargekom om die oggend saam te geniet.

Die kos en geselskap was uit die boonste rakke. Foto: Ingestuur.

“Hierdie oupas en oumas is heel waarskynlik gesamentlik verantwoordelik vir die grootmaak en oppas van kleinkinders. Ten spyte van daaglikse uitdagings bly hulle positief. Dit het duidelik geraak toe een van die oupas – wat saam met sy vrou ‘n drieling grootmaak omdat hul ma baie siek is – die gehoor met sy mondfluitjieversameling vermaak het,” het sy vertel.

Die kunstenaar Kay-Bee het die gaste selfs op hul voete gehad toe sy van haar bekendste treffers gesing het. Volgens Joey het dié wat kon, heerlik saam gedans en gesing nadat hulle smullekker eet- en drinkgoed saam geniet het.

Een van die paartjies geniet die smullekker kos. Foto: Ingestuur.

“Ons wil graag almal bedank wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het, insluitend Trinityhouse se leiers, Kay-Bee, inwoners en gasvroue,” het sy bygevoeg.

Indien jy om meer wil weet of ‘n bydrae wil lewer, skakel gerus vir Nadinde Swanepoel van Christ Kids by 082 093 7845 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: