Noordskool-leerder moker vir goud

Roann van den Heever, Richard Seletwane en Hannes Longland is reeds opgewonde oor die volgende krieketseisoen. Foto: Alanicka Lotriet.

As gevolg van ‘n toegewyde krieketsensasie sal Laerskool Krugersdorp-Noord hul jaar op ‘n hoë noot kan afsluit nadat een van hul o.13-sportsterre, Richard Seletwane dit onlangs reggekry het om sy Gauteng-kleure in krieket te verwerf.

Al is hy ‘n baie kompeterende speler, het hy op die krieketveld altyd ‘n glimlag op sy gesig, het sy afrigters, Hannes Longland en Roann van den Heever vertel.

Richard Seletwane het hard gewerk vir sy Gauteng kleure. Foto: Alanicka Lotriet.

“Richard het ‘n baie goeie jaar met die kolf gehad as gevolg van sy onblusbare passie vir die sport,” het Hannes vertel.

Hulle het vertel dat Richard ‘n uitmuntende totaal van 330 lopies in slegs vier wedstryde vir die skool aangeteken het. Hy is boonop net een keer uitgehaal.

Die skool is saam met sy afrigters trots op Richard en glo dat hy baie goed sal vaar in die toekoms.

Richard Seletwane het hard gewerk vir sy Gauteng-kleure. Foto: Alanicka Lotriet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top