N Diederichs spog met hul top leerders

Edza Mudau en Hazel Mathe wen saam 'n trofee. Foto: Alanicka Lotriet.

Hoër Tegniese Skool N Diederichs (HTSND) het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Gedurende dié spoggeleentheid in hul skoolsaal het talle leerders die soet vrugte van ‘n jaar se harde werk gepluk.

Alhoewel baie leerders deur die jaar uitsonderlik hard gewerk het, was daar ‘n paar wat tydens die prysuitdeling uitgeblink het.

Hazel Mathe wen verskeie trofeë. Foto: Ingestuur.

Onderhoofseun, Gevauhgn Brandt het met talle toekennings weggestap, insluitend vir die beste senior spreker in Afrikaans, Lions-skild vir onbaatsugtige diens aan sy medemens, Matriekraadskild, eremedalje, kultuurtrofee sowel as verskeie toekennings vir vaksuksesse en onderskeidings.

Hoofdogter, Edza Mudau en onderhoofdogter, Hazel Mathe is albei as duxleerders aangewys. Hazel, wat die beste in verskeie vakke presteer het, het ook ‘n vaksuksestrofee ontvang. Edza het ook verskeie trofeë vir vaksuksesse, onderskeidings en beste prestasie in vakke ontvang.

Wandile Lolwane is aangewys as die beste junior skaakspeler en Gugulethu Mahlanga as die beste senior spreker in Engels.

Wandile Lolwane is aangewys as die beste junior skaakspeler. Foto: Ingestuur.

Michelle Mmusi het ‘n trofee ontvang vir die dogter wat ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel het met haar gedrag, prestasies en kleredrag.

Die skool se visie is om leerders te transformeer van Graad 8-leerders tot Graad 12-presteerders in die tydperk wat hulle by HTSND is, en dat hulle sal kan vlieg met die vlerke wat hulle by die skool opgebou het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends: