Elvis was hier!

Huibrecht Meiring en Piere Gouws geniet hulself gate uit. Foto: Alanicka Lotriet.

Meer as 100 partytjiegangers het onlangs spoorloos verdwyn toe hulle na bewering op die een of ander onverklaarbare manier teruggereis het na die onvergeetlike 1960’s toe.

Vrydagaand, 3 November was hulle nie skaam om hulself soos hippies, Elvis Presley en die Beatles te vermom nie. Die rede vir hul reis kan volgens bestuurder, Annatjie Griesel, toegeskryf word aan die viering van Residentia Moria Tehuis vir Bejaardes se 60ste verjaarsdag.

Jean-Pierre Engelbrecht en Teejay Bothma is hippies vir die aand. Foto: Alanicka Lotriet.

Elke tafel was uniek en spesiaal gedek met flower power-versierings, heerlike lekkernye, southappies en sommer alles wat groovy is.

Een van die hoogtepunte van die aand was toe Piere Gouws, vermom as die legendariese Elvis Presley op sy motorfiets met ‘n kelnerin, Huibrecht Meiring so uit die sestigerjare agterop, die saal ingery het. Nadat hulle van die ysterperd afgeklim het, het hulle die dansvloer met ‘n ekstatiese dans geopen.

Senuschka Mulder is saam met Clem Da Matta Frizado mal oor die helder kleure. Foto: Alanicka Lotriet.

Gedurende die partytjie is daar behoorlik gejive, gesokkie, gebraai en gesing terwyl ‘n boere-orkes die gaste vermaak het.

“”Ons is baie opgewonde oor elke gas wat by ons aangesluit het vir die spesiale viering. Ons is ook baie dankbaar vir almal wat bygedra het tot die onvergeetlik aand se sukses,” het Annatjie vertel.

Eric Radford wil net vrede hê vir die wêreld. Foto: Alanicka Lotriet.

Moria glo dat daar nog baie goeie jare vir hulle voorlê en is trots op dit wat hulle reeds bereik het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: