update


Ses EFF-raadslede uiteindelik geskors

Die ses EFF-raadslede wat die ANC gehelp het om sy begroting goedgekeur te kry, is verlede week geskors.

Die EFF het Saterdag, 7 Oktober bekend gemaak dat die raadslede teen die party se wense opgetree het, en is gevolglik na ‘n verhoor deur die EFF se nasionale dissiplinêre komitee geskors. Hulle is Nhlanhla Shilubane‚ Nomonde Nkatu‚ Lemogang Modisane‚ Eric Baloyi‚ Edward Motsitsi en Simanga Mkhumbeni.

Lees ook: [Follow-up] DA/EFF calls removal of mayor a destabilisation tactic

Die party, wat deel was van die DA/ EFF-koalisie, het ook die burgemeesterspos saam met die DA verloor aangesien die lede ook daarteen gestem het.

Die party het gesê dat die ses EFF-raadslede op 11 Julie die EFF-besluit veronagsaam het om nie die Mogale City-begrotingsraadvergadering by te woon waartydens die ANC sy begroting wou deurvoer nie.

“Hierdie raadslede het nie net gehelp om ‘n kworum tydens die Raadsvergadering te vorm nie, maar ook om die voorgestelde ANC-begroting deur te voer,” het die EFF gesê.

Lees ook: ANC and DA West Rand at each others’ throats

“Die organisasie het beswaar gemaak teen hierdie optrede, aangesien dit belastingbetalersgeld weer in die hande van die ANC geplaas het. Dit is dieselfde ANC wat deur die mense van Mogale City tydens verlede jaar se plaaslike regeringsverkiesing uitgestem is. Dit is dieselfde ANC wat sedert 1994 die staatskas so geplunder het dat ons mense uitgesluit en gemarginaliseer is,” het die EFF in ‘n verklaring gesê.

Hulle het ook gesê die lede se besluit om teen die EFF se wense te stem het die party se stryd teen die korrupte ANC erg benadeel.

Die EFF sal binnekort die ses poste vakant laat verklaar sodat al ses raadslede vervang kan word. Die ander partye in die Mogale City Munisipaliteit is om kommentaar genader, maar die News het nog geen terugvoering gekry nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

 

 

 

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top