Noordskool-revue bewys die gras is groener hier

Dunay Diederiks, Justine Saaiman, Jennifer Boshoff, Martilie van der Merwe, Megan van Brill en Diané Senekal. Foto: Bianca Pindral

Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs hulle jaarlikse revue aangebied. Daar was ses vertonings van die glansryke skouspel.

Die tema was, As die gras groener is en het gehandel oor ‘n groep tieners wat na matriek London toe vertrek vir hul oorbruggingsjaar. Sommiges het gaan werk terwyl ander rugby gespeel het. Die groep het in ‘n groot huis tuisgegaan wat voorheen ‘n kasteel was.

Adri Julyan grimeer haar dogter Christene voor die revue.
Foto: Bianca Pindral

Hulle was aanvanklik baie opgewonde, maar het gou begin huis toe verlang toe iemand ‘n CD met Suid-Afrikaanse musiek in die ou kasteel begin speel het. Die dansers uit elke graadgroep het op bekende treffers soos Hoezit my Tjomma, Kaalvoetkind en Hardekool gedans.

Die toneel eindig waar die verlange huis toe die tieners laat terugkeer Suid-Afrika toe. Die toneel is propvol skerp humor met hier en daar ‘n tikkie sarkasme.

Twee van die jong dansers wat soos bejaardes aangetrek was.
Foto: Bianca Pindral

“Mens kon tydens die voorbereiding en uitvoering van die stuk sien hoe die leerders se selfbeeld verbeter en hul selfvertroue toegeneem het,” het Christa Rossouw, een van die onderwyseresse gesê.

Tydens ‘n kort pouse gedurende die laaste vertoning het sy die organiseerders bedank en gesê die personeel, leerders en ouers het fantasties saamgewerk om die revue ‘n sukses te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top