Bastion se kunsleerders verstom tydens uitstalling

Dané Bloem (Graad 11) wys een van haar Visuele Kuns-skilderye.

“Ek het nie woorde om te beskryf hoe trots ek op elkeen van my leerders is nie. Die uitstalling het al my verwagtinge oortref!” het Bernadene Ross gesê.

Sy is die Visuele Kunste en Ontwerp-onderwyseres by Hoërskool Bastion en kon nie ophou glimlag terwyl sy tussen die leerders se werke deurgestap het nie.

Wian Venter en Ruben Bester (Graad 10) by een van hul ontwerpprojekte.

Die jaarlikse kunsuitstalling het op 27 September plaasgevind, en het, soos in die verlede, nie teleurgestel nie.

Die skoolsaal het soos ‘n kunsgalery gelyk met al die sketse, skilderye en ontwerpe. Wat dié uitstalling anders maak, is dat dit die werke van die Graad 10 tot 12 Visuele Kunste en Ontwerp-leerders is.

“Die uitstalling is elke jaar ‘n groot hoogtepunt – nie net vir die skool nie – maar ook vir my as kunsonderwyser. Dit is hier waar die leerders die geleentheid kry om hul harde werk van die eerste drie kwartale ten toon te stel,” het Bernadene gesê.

Wian Venter en Donovan Taylor (Graad 10) geniet die vakke baie.

Die uitstalling vorm deel van die leerders se sillabus. Moderatore vir die kunstevakke assesseer die skeppings en die punte wat toegeken word, word gebruik om hul jaarpunt te bereken.

“Dit voel vir my of die leerders elke jaar net beter word. Dié jaar se uitstalling het al my verwagtinge oortref! Ek het nie woorde om te beskryf hoe trots ek op elkeen van hulle is nie.

Karabo Nkosi (Graad 12) met haar uitbeelding van “Wie is EK?”.

Tydens hierdie geleentheid besef mens hoe hard elke leerder werk, want in elke kunswerk wat hier uitgestal is, is ‘n stukkie van hul siel,” het sy gesê..

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Adele Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top