Monnas-jukskei wen Noordvaal-beker die 7e keer

Afrigters Tinus Barnard en Jean Nel hier by spanlede Marno Nel, Brandon Bester, Sandy Thwala en Joachim Scholtz. Foto ingestuur.

Hoërskool Monument (Monnas) se jukskeispan het op Saterdag, 9 September stof in hul opponente se oë geskop toe hulle as wenners van die Noordvaal-reeksfinaal aangewys is.

Hulle moes kompeteer teen top spelers van Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng-Noord, Oos-Gauteng, Sentraal-Gauteng, asook die Wes-Rand.

Na ‘n harde dag van goeie kompetisie het Monnas uiteindelik as wenners uit die stryd getree.

Dis vanjaar die sewende keer dat Monnas die Noordvaal-trofee huis toe bring en die span is boonop vir die vierde agtereenvolgende jaar ook die Suid-Afrikaanse kampioene.

Tinus Barnard wat al meer as 30 jaar by Monnas-jukskei betrokke is, het vertel dat die spanlede goed gekonsentreer het waar dit nodig was en baie kalm gebly het ten spyte van al die druk op hulle.

“Ek is ongelooflik trots op hierdie span en die hoogtes wat hulle bereik het,” het Tinus ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top