Gimnaste spring tot nuwe hoogtes

'n Aantal van die gimnaste aan die Mini-SA's deelgeneem het. Foto: Alanicka Lotriet.

‘n Totaal van 47 vlak 1 tot 3 gimnaste van die Impala Trampolien Klub het op 26 Augustus aan die North Zone, ook bekend as die Mini-SA’s, deelgeneem en uitsonderlik presteer.

Dié klublede was deel van die Gauteng-span wat uit gimnaste van Gauteng-Sentraal, -Noord en -Oos bestaan het. Tydens die geleentheid het die Gauteng-span teen deelnemers van Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, Vaal en Vrystaat deelgeneem.

Afrigters Louise Gardner, Linda Coetzer en Marlize Kloppers is trots op hul gimnaste. Foto: Alanicka Lotriet.

Die gimnaste het drie goue-, 20 silwer- en 24 bronsmedaljes verower. Volgens Louise Gardner, een van hul afrigters, het nog ‘n eer hulle te beurt geval toe 11 van hul gimnaste gekies is vir die SA’s wat in Pretoria in Oktober gehou gaan word. Daar gaan hulle saam met vyf dubbel-minigimnaste die klub se naam hoog hou.

“Ons is baie trots op al ons gimnaste en ons glo hulle sal puik vaar by die SA’s,” het Louise ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet.

Latest News

COMMENTS

Top