Kennies se revue-groepe maak skoonskip

Kenmare se junior revue-groep in aksie. Foto: Light Flair Photography.

Vanjaar is ‘n groot jaar vir die junior en senior revue-groepe van Laerskool Kenmare.

Die groepe het al aan ‘n reeks kunswedstryde en kompetisies deelgeneem, en het onder meer die volgende behaal:

• Centurion Kunstefees: Juniors – 88 persent

• Centurion Kunstefees: Seniors – 94 persent

• Deelname Staatsteater Pretoria (Tshwane Youth Arts Festival)

• Raca: Juniors Diamant (95–100 persent)

• Raca: Seniors Diamant (95–100 persent)

• 8Beats Revue-kompetisies: Algehele Junior en Senior Kampioene

Hulle is ook onlangs gekeur om aan die kykNET Revue 2017-kompetisie deel te neem wat op 19 September begin.

Kenmare se senior revue-groep in aksie. Foto: Light Flair Photography.

“Ons groepe oefen baie hard en streef na perfeksie. Van ons juniors is maar net vyf jaar oud en is bang vir niks! Die junior groep het 94 leerders van Graad R tot Graad 4 en die senior groep het 96 leerders van Graad 4 tot Graad 7,” het Johan Olivier, lid van die skool se beheerliggaam gesê.

Hierdie kinders beloof om vanjaar Kenmare se naam hoog te hou.

Die groepe word afgerig deur onderwysers Ilze Swiegelaar en Monique Smith. Hulle ontvang ook baie hulp en ondersteuning van die opgewonde ouers.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

Latest News

COMMENTS

Top