Bastion vaar goed in Wits-rugby

Agter: Daniel Scholtz, Chandre van den Berg, Jose Dias, Desmond van Rooyen. Voor: Bradley van Vuuren, Rodney Robinson, Cor-Louis van Biljon. Foto ingestuur.

Terwyl Hoërskool Bastion se rugbyseisoen ‘n paar weke gelede geëindig het, het ses van hul rugbyspelers na die volgende rat oorgeskakel toe hulle na die seisoen by Wits Rugby aangesluit het.

As deel van die o.19-span het die leerders tot by die uitspeelrondtes van die Pirates Groot Liga Uitnodigingsreeks gevorder, waar hulle teen UJ vasgeval het.

Volgens Daniel Scoltz, afrigter van die o.19 Wits-span, asook afrigter en onderwyser by Bastion, het al die spelers tydens die reeks ‘n baie goeie indruk op die toernooi se senior afrigters gemaak.

Twee leerders, Jose Dias en Rodney Robinson is na die toernooi vir die Wits 7’s-span gekies. Albei beplan om in 2018 verder by Wits te studeer waar hulle ook tans deel is van die Young Guns-rugbygroep.

“Ek is baie trots op hierdie groep seuns. Hulle het regtig goeie rugby gespeel, en mens kon sien dat hulle hierdie uitdaging geniet het.

Vir my was dit lekker om te sien hoe hulle deur die jaar gegroei het en hoe hulle die tempo van klubrugby ervaar het,” het Daniel vertel.

Hierdie ses Bastion-spelers was deel van die o.19 Wits-span:

• Cor-Louis van Biljon

• Jose Dias

• Rodney Robinson

• Bradley van Vuuren

• Chandre van den Berg

• Desmond van Rooyen

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet.

Latest News

COMMENTS

Top