Die volgende Mej Monnas is …

Giselle Rautenbach, Danika Booysen en Leané Minnaar is gekroon as Monnas se nuwe Senior skoonhede. Foto: Alanicka Lotriet.

Hoërskool Monument se mooistes onder die mooies is tydens ‘n glansgeleentheid met ‘Old-Spanish’ as tema, op Donderdag, 17 Augustus, by die skool gekroon.

Dié skoonhede het die gehoor op die punte van hul sitplekke gehad toe hulle met styl en glans die loopplank aangedurf het.

Nulé Steyn op die loopplank. Foto: Alanicka Lotriet.

“Die meisies het ongelooflik baie moeite gedoen met hul voorkoms, en hulle het sonder twyfel die beoordelaars beïndruk,” het Constance Strydom, Monnas se bemarker vertel.

In die junior afdeling is Zande-Lee Bester  as tweede prinses en Denisha Schlebuschas eerste prinses gekroon. Daarna het die pragtige Celeste Rautenbach met Mejuffrou Monnas Junior-kroon weggestap.

Denisha Schlebusch, Celeste Rautenbach en Zande-Lee Bester is gekroon as Monnas se nuwe Junior skoonhede. Foto: Alanicka Lotriet.

Die verkiesing van Mejuffrou Monnas Senior was ‘n bietjie meer ingewikkeld. Elke beoordelaar het die geleentheid gekry om ‘n vraag aan elkeen van die vyf finaliste te vra. Die vrae het ‘n uitdaging gebied aangesien die kandidate op hul voete moes dink. Die beoordelaars kon daarna die volgende Mejuffrou Monnas aanwys.

In die senior afdeling is Leané Minnaar as tweede prinses gekroon en Giselle Rautenbach as eerste prinses. Die gesogte titel van Mej Monnas is uiteindelik aan die beeldskone Danika Booysen toegeken.

Kayleigh Victor lyk beeldskoon. Foto: Alanicka Lotriet.

Ander wenners:

• Mej Persoonlikheid Junior – Camryn Prinsloo

• Mej Fotogenies Junior – Simoné de Beer

• Mej Persoonlikheid Senior – Soné van der Walt

• Mej Fotogenies Senior – Nulé Steyn

• Mej Debutant – Ashton Shelver

“Baie geluk aan al ons dogters, asook die organiseerder, Crizelda van der Vyver wat haarself weereens oortref het,” het Constance vertel.

Monnas is trots op hul skoonhede vir 2017/ 2018 en bedank almal wat deel was van dié geleentheid.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet.

Latest News

COMMENTS

Top