Monnas-hokkiedogters as Noordvaal-wenners gekroon

Agter: Liese-Mariè Botha (afrigter), Sandra van Rooyen, Mari Nischa Gibbens, Zilcha Welgemoed, Tercia Heydenrycht. Heel agter: Chante Bredenhann, Racquel McCarthy, Gaby Terblance, Kaylee Harwood, Hesna du Plessis (spanbestuurder) en Sone van der Walt. Voor: Monet van Wyngaardt, Lethabo Nkoe (kaptein), Mischa Janse van Vuuren, Dione Groenewald, Laura Mae Esterhuizen, Celine da Silva en Larischa Botes.

“Ek gee nie om of julle vandag wen of verloor nie – solank julle dit net geniet.”

Dit was die woorde van Liese-Mariè Botha, hokkiehoof van Hoërskool Monument (Monnas) aan die eerstespandogters voor hul vertrek na Potchefstroom vir die Noordvaal-finaal.

Monnas het behoorlik geveg vir die titel as Noordvaal-wenners toe hulle reeds vroeg in die wedstryd druk op hul teenstanders van Hoërskool Waterkloof begin plaas het. Die Krugersdorpers het binne die eerste 17 minute ‘n doel geskiet deur van hul waardevolle vaardigehede en strategieë gebruik te maak.

Die doel is deur Gabby Terblanche aangeteken wat onlangs vir die o.21 Suid-Gautengse dogtershokkiespan gekies is.

Alhoewel Klofies strawwe kompetisie was, kon hulle nie enige doele aanteken nie.

Monnas is toe as die algehele wenners van die Noordvaal-hokkietoernooi 2017 gekroon en sien klaar uit na die volgende seisoen.

Lethabo Nkoe, eerstespankaptein het gesê sy glo dat vertroue in mekaar, geloof en daaglikse motivering die resep vir hul sukses is.

“Dit was die laaste keer dat ons as ‘n span saamgespeel het en ek is baie bly dat ons die seisoen op so ‘n hoë noot kon eindig,” het sy ten slotte vertel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top