Skaaksusters beïndruk weer

Natacha en Nadia Noack maak Bastion trots. Foto ingestuur.

Twee van Hoërskool Bastion se skaaksensasies het weereens al die regte skuiwe gemaak. Albei het onlangs silwermedaljes losgeskuif.

Nadia Noack, ‘n Graad 11-leerder en haar suster Natacha, ‘n Graad 12-leerder het as lede van die Gauteng-span dié prestasies behaal tydens die Suid-Afrikaanse Skole Skaaktoernooi wat in die afgelope skoolvakansie in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Dit was die eerste keer dat Natacha lid van die Gauteng-span was, hoewel dit haar jonger suster, Nadia, se tweede agtereenvolgende jaar as deel van dié provinsiale span was.

Dit is ‘n groot prestasie vir beide dogters aangesien Nadia en Natacha dié sport nog net vier jaar beoefen.

“Ek het in Graad 9 begin speel, terwyl my suster in Graad 8 begin het. Tot dusver was dit vir my ‘n baie lekker leerproses, en ons het ook baie nuwe vriende in KZN gemaak,” het Natacha vertel.

Die skool is saam met hul afrigter, André Swart baie trots op die dogters se besondere prestasies en glo dat hul nog baie groter hoogtes gaan bereik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top