Venter vorder uitstekend by Judo Ope

Reynard Venter met sy silwermedalje by die Suid-Afrikaanse Judo Ope in Bloemfontein. Foto: Ingestuur.

Dis die tweede jaar dat Reynard Venter aan die Suid-Afrikaanse Judo Ope deelgeneem het maar vanjaar is hy trots om een van die 20 medaljes wat die Wes-Randse span huis toe gebring het, om sy nek te kan dra.

Die uitsonderlike judoka het dié jaar in Bloemfontein weggestap met ‘n blink silwermedalje vir sy individuele vegvaardighede en ‘n skitterende gouemedalje saam sy span.

Reynard neem reeds vyf jaar aan judo deel en hy spog graag met sy sensei, Michelle Wentzel. Hy is lid van die Golden Score Judo Klub en het die Wes-Rand as lid van sy distrikspan verteenwoordig.

Sy ma, Deidre het gesê dat hulle nie net die Ope ter wille van die judo bygewoon het nie.

“Party van die judokas het al maats geword en die ma’s ken mekaar ook al goed,” het sy gesê.

Daar is nuwe mammas wat hulle opgewondenheid nie kan beheer nie, en dan is daar mammas wat ‘n paar keer al daar was wat die atmosfeer ongeloofliker maak met hulle senuagtigheid en trots.

Maar een ding is seker – die judokas is warm ontvang en het welkom gevoel. Die spangees is soorgelyk aan dié van die olimpiese spele.

“Al kompeteer almal vir die titels en medaljes, bly hulle soos ‘n familie,” het Deidre gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top