Plaaslike karateka maak reg vir Ierland

Matuschka de Jager is reg vir die uitdagings in Ierland. Foto ingestuur.

“Ek voel dat in hierdie era waarin meisies baie geteiken word as die ‘swakker geslag’, behoort hulle hulself te kan verdedig.”

Dit is die woorde van Matuschka de Jager, ‘n Graad 10 Bastion-leerder wat binnekort Suid-Afrika by die karatekampioenskappe in Ierland gaan verteenwoordig.

Op laerskool het Matuschka as negejarige dié sportsoort begin beoefen en dit bly een van haar gunstelinge. Daarna het sy by die Horizon View Karate Centre aangesluit waar sy steeds ‘n lid is.

Nou, ses jaar later is sy op pad Ierland toe vir die 14de Gichin Funakoshi-bekerkampioenskappe as lid van die Suid-Afrikaanse span. Dié kampioenskappe vind van 18 tot 20 Augustus plaas en Matuschka gaan daar in die o.15-ouderdomsgroep meeding.

“Dit was ‘n baie moeilike proses om tot hier te kom, maar ek is so bly dat ek hierdie doelwit bereik het,” het sy vertel.

Sy het vertel dat sy deel was van die top agt-karatekas wat na die eerste rondte – die Gauteng-kampioenskappe – deurgedring het. Nadat sy sesde in Kata en vyfde in Kumite geëindig het, het sy deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Daar het sy ‘n uitmuntende derde plek vir Kumite behaal, wat haar plek in die SA-span verseker het.

Matuschka is tans ‘n junior swartgordel, en werk hard om in Oktober haar junior swartgordel 3 te verower.

“Ek is baie passievol oor hierdie sport. Dit het my al so baie geleer oor selfverdediging en selfbeheersing,” het Matuschka gesê.

Bastion is uiters trots op Matuschka se uitsonderlike prestasie en wens haar net die beste toe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top