Monnas-koor bekoor Wes-Kaapse gehoor

Die Monnas-koor bestaan uit ewe veel seuns en dogters. Foto ingestuur.

Hoërskool Monument (Monnas) se koor doen alles behalwe leeglê dié winterskoolvakansie aangesien daar vir ‘n volle 10 dae met hul talent in die Wes-Kaap gespog gaan word.

Van 12 tot 21 Julie gaan die Monnas-koor verskeie uitvoerings in Riebeeck Kasteel, Paarl, Wellington, Malmesbury, Darling en Montagu gee.

Die eerste toeroptrede is op Vrydag, 14 Julie in die St George’s Presbyterian Church in Wellington. Gedurende die naweek gaan die koor sorg vir luisterryke optredes wanneer hulle Riebeeck Kasteel besoek en by Het Vlock Casteel optree. Daarna is die Toringkerk in Paarl aan die beurt waar die koor tydens die kerkdiens gaan optree.

Die naweek sal dan op ‘n hoë noot afgesluit word wanneer die Monnas-koor by die Holy Trinity Anglican Church se middagkonsert in die Paarl te sien gaan wees.

Dié gesogte koor bestaan uit 96 lede onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en begeleidster Elmarie de Beer.

Die koor se repertoire sluit in barokmusiek soos Gloria van Vivaldi, gewyde musiek, ligter volksliedjies en ballades. Hul koordrag is deur die wêreldbekende Suid-Afrikaanse ontwerper, Gert-Johan Coetzee ontwerp.

Vanjaar het die koor reeds ‘n paar hoogtepunte bereik met hul deelname aan die semifinale rondte van die National Eisteddfod Association.

Hulle het ook deurgedring na die finale rondte van kykNET se Sing in Harmonie-kompetisie vir hoërskoolkore. Die finale rondte van hierdie kompetisie vind op 23 September plaas en sal ook op die kykNET-kanaal gebeeldsend word.

Hulle spog reeds met twee CD-opnames en sien daarna uit om hul musiektalent met die Wes-Kaap te deel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top