Dames en here, Noordskool se redenaarswenners is …

Reanco Louw, Kristoff Louw, Charl Smit en Miané le Roux is trots op hul prestasies. Saam met hulle is hul afrigter, Talitha du Plessis. Foto: Alanicka Lotriet.

Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) hou elke kwartaal ‘n interne redenaarskompetisie vir leerders van Graad 1 tot Graad 7 om hul stembande op te warm en ‘n positiewe gesindheid te kweek vir dié kuns. Verlede kwartaal was geen uitsondering nie.

Adia Coetzer, Chanel Harmse en Cee-Jay Maartens is trots op hul prestasies. Saam met hulle is hul afrigter, Reneé Germishuys. Foto: Alanicka Lotriet.

Gedurende hul mees onlangse kompetisie moes die nagenoeg 42 deelnemers ‘n Engelse praatjies voorberei. Hulle het oor vyf verskillende onderwerpe gesels.

Die onderskeie graadwenners, met hul onderwerpe is as volg:

• Graad 1: Cee-Jay Maartens met Good manners

• Graad 2: Chanel Harmse met Good manners

• Graad 3: Adia Coetzer met Junk food/ healthy food

• Graad 4: Kristoff Louw met Are teachers still necessary?

• Graad 5: Charl Smit met The future belongs to those who …

• Graad 6: Reanco Louw met There is a ‘but’ in everything

• Graad 7: Miané le Roux met There is a ‘but’ in evertything

Afrigters Talitha du Plessis en Reneé Germishuys is baie trots op die leerders en hul prestasies, en kan nie wag om te sien hoe Noordskool se leerders gaan vaar tydens volgende kwartaal se kompetisie nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet.

Latest News

COMMENTS

Top