Noordskool woeker met hul Wiskunde

Kyle Sadie, Magdel Kruger en Jean-Pierre Joubert is die kat se snor.

Laerskool Krugersdorp-Noord se leerders het vanjaar weereens bewys dat hulle meer as net hul maaltafels ken. Twee van hulle het ongelooflik goed gevaar tydens die Gautengse Onderwysdepartement se jaarlikse Wiskunde-kompetisie wat onlangs plaasgevind het.

Om te kwalifiseer moes leerders van Graad 4 tot Graad 6 gedurende die eerste kwartaal aan ‘n interne Wiskunde-kompetisie deelneem. Daarna is die name van die graadwenners aan die Departement gestuur. ‘n Totaal van vyf Noordskool-leerders het die Distrik-finaal gehaal wat by Laerskool Randfontein plaasgevind het.

Die kompetisie het bestaan uit twee komponente – Sudoko en Math quiz. Elke skool moes twee afsonderlike leerders per graad vir Suduko sowel as Math quiz inskryf. Die Math quiz het meestal uit hoofrekene en enkele insigvrae bestaan wat binne ‘n gegewe tyd voltooi moes word.

Noordskool het uitgeblink toe Jean-Pierre Joubert (Graad 5) en Kyle Sadie (Graad 4) tweede en vierde plek in hul onderskeie grade vir die Math quiz behaal het.

Die skool, asook hul Wiskunde-onderwyser Magdel Kruger is baie trots op die leerders se uitmuntende prestasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top