Monumentare blink uit in nasionale toneelkompetisie

Dié finaliste is trots op hul uitsonderlike prestasies. Foto ingestuur.

Hoërskool Monument spog vanjaar met drie talentvolle leerders wat as finaliste vir die kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie gekies is.

Hoërskool Bellville bied sedert 2002 ‘n nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders aan, wat aanvanklik as die Stad Kaapstad Toneelspelkompetisie bekend gestaan het. In 2013 het kykNET egter die hoofborg geword waarna die kompetisie as die kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie gedoop is.

Leerders van Graad 8 tot 12 neem individueel aan uitdunrondtes regoor die land deel, waarna 60 finaliste gekies word om aan die finale vier rondtes in die Kunstekaap Teater in Kaapstad deel te neem.

‘n Totaal van 569 leerders het vanjaar ingeskryf waarvan drie Monumentare, Tristan Zeedijk, Miquel Leitao en Adriaan Havenga gekies is as finaliste om hul skool in Kaapstad te verteenwoordig.

Adriaan is daarbenewens een van ses finaliste wat deel is van die top 30 en is genooi vir ‘n oudisie vir ‘n Woordfees-produksie.

Hoërskool Monument is geweldig trots op die leerders wat soveel sukses in die kompetisie behaal het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top