‘n Silwermedalje tydens die Arnold Classic-kompetisie

Marius van den Berg is trots op sy silwermedalje. Agter hom is 'n foto van 'n jong Arnold Schwarzenegger.

‘n Man van Krugersdorp het tydens die bekende Arnold Classic Africa-kompetisie ‘n silwermedalje vir armkrul verower.

Vir Marius van den Berg, 46, was die armkrulkompetisie ‘n eerste, maar harde oefening en uithouvermoë was sy paspoort tot sukses.

Marius is ‘n bekende inwoner van Krugersdorp en baie sal hom ken as die sportiewe man wat gereeld in die gimnasium oefen.

Met armkrul staan deelnemers met hul rûe teen ‘n muur. Hul bene en voete is 12cm van die muur af. Die persoon gryp dan ‘n balk vas en lig die gewigte op.

Die Arnold Classic Africa-kompetisie, ook bekend as die Arnold Schwarzenegger Sportfees, is ‘n jaarlikse multisportgebeurtenis met ‘n ekspo wat ‘n naweek lank duur en kompetisies in sportkodes soos professionele liggaamsbou, sterkman, fiksheid, figuur en bikini insluit.

Marius het tydens die Strict Arm Curl-kompetisie in sy gewigklas van 105kg deelgeneem. Die Meesters 1-klas waarin Marius geklassifiseer is, is bedoel vir mans tussen die ouderdom van 40 en 50. Hy het ‘n algehele tweede plek in sy klas gewen.

“Ek en die kinders is verskriklik trots op hom,” het Marius se vrou Madelein gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top