1,2,3 Kook!

Chadine Vermaak en Chae Page.

Twee van Hoërskool Noordheuwel se leerders is gebore agter die bakpanne. Die leerders het onlangs deelgeneem aan die Skole Kook Gauteng kompetisie en het met die louere weggestap.

Skole Kook is ‘n kosprogram vir KykNet Groot Ontbyt waar leerders teen mekaar kook. Die kompetisie bied leerders die geleentheid om op ‘n jong ouderdom vertroud te raak met verskillende produkte. Gasvryheid en Verbruikerstudie vakke is belangrik om kinders van jongs af te leer om eendag entrepreneurs te wees en om eendag hulle eie besighede te kan begin. Die program wil graag die gemeenskap wys hoe leerders reeds op skoolvlak al kan bak en brou.

Chae Page en Chadine Vermaak is die wenners van die kompetisie in Gauteng. Die leerders het in ‘n span gebak en moes vir die eindronde ‘n onderstebo kandelaarkoek bak wat uit drie lae bestaan het.

Chae het aan die News vertel dat haar passie vir bak reeds op ‘n jong ouderdom ingeskop het.

“Ek het my passie van my ouma gekry. Sy het graag lekkernye gemaak,” het Chae gesê.

Chadine het vertel dat sy graag Verbruikerswetenskap wil gaan studeer en eendag haar eie onderneming wil begin.

Die skool is baie trots op die leerders en wil graag die skool se Verbruikerstudie onderwyseres, Juffrou Annemarie Lubbe, bedank vir al haar harde werk en bereidwilligheid om ekstra ure en ekstra moeite in te sit.

Die leerders neem vervolgens deel teen ander provinsies, en is gereed vir die finaal van die kompetisie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top