Plaaslike kerk gee gratis borde kos vir armes

Hawelose en arm gemeenskapslede kan Maandag, 24 April ‘n gratis en smullekker ete by die Nederduitsch Hervormde Kerk in Krugersdorp-Oos geniet.

Die lidmate van hierdie gemeente het ‘n projek wat seker maak dat die mense van Krugersdorp nie honger ly nie.

Die kos sal tussen 10vm en 12 uur die middag uitgedeel word. Die kerk is in Gerrit Maritzstraat in Monument.

“Ons beoog om elke Woensdag van 12 uur die middag tot 1nm etes uit te deel,” het Tina Rossouw, finansiële beampte van die gemeente gesê. “Dit is ons geringe poging om ‘n verskil in ons dorp te maak.”

Vir meer inligting oor die projek en hoe jy ook kan help, skakel die NHK Krugersdorp-Oos by 011 965 1350.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top