Bejaardes wreed in Monument aangeval

Die huis waarin die bejaarde man met 'n onbekende voorwerp oor die kop geslaan is. Hy is na die naaste hospitaal geneem om mediese behandeling te ontvang.

Die gemeenskap is die afgelope twee weke op hol nadat daar verskeie inbrake in Monument was.

Paul Krugerstraat se inwoners voel onveilig selfs agter geslote deure nadat dié straat onlangs die teiken van drie inbrake was. Een daarvan was gewelddadig.

Lees ook: Grafiese foto’s van aanval op bejaardes

Die News het onlangs berig oor ‘n huisroof waartydens ‘n huishulp deur drie rowers vasgebind is en waardevolle besittings gesteel is.

Vrydagaand, 7 April, omstreeks 7.10nm is daar nog ‘n voorval aangemeld waartydens ‘n 79-jarige man wreed in hul huis aangeval is. Na bewering is die man deur drie onbekende mans oorval toe hy hul huis se voordeur gaan toemaak het. Die man het binnetoe gehardloop om die deur te sluit, maar die verdagtes het die deur oopgeforseer. Die bejaarde is toe met ‘n onbekende voorwerp oor die kop geslaan.

Die aanvallers het waardevolle besittings gesteel, waaronder die egpaar se silwergrys Ford Fiesta met registrasienommer BW 68 NL GP. Die slagoffer is na die naaste hospitaal. Sy 65-jarige vrou wat ten tye van die aanval ook in die huis was, is gelukkig fisies ongedeerd.

Die Krugersdorp Polisie het oor die afgelope paar weke ‘n tendens van gevalle van huisroof in die area opgemerk. Daar is ook ‘n ander voorval in dieselfde area aangemeld, maar meer inligting daaroor is nog nie beskikbaar nie.

Lees ook: Besorgde bejaardes besteel

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om konstant op die uitkyk te wees vir verdagte persone of motors,” het Krugersdorp Polisie-woordvoerder sersant Tshepiso Mashale gesê.

Mashale het bygevoeg dat hulle met die hulp van die gemeenskap meer kan doen om mense se veiligheid te verseker.

Lede van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat die gebied bedien het ook aan die News vertel dat inwoners meer paraat moet wees, veral oor die vakansietyd. Hulle raai mense aan om hul deure gesluit te hou en nie uit te gaan wanneer hulle onraad vermoed nie.

Die polisie versoek die gemeenskap om hulle te kontak indien hulle enige verdere inligting oor die drie rooftogte het. ‘n Toegewese span soek tans na die verdagtes.

Persone met inligting oor die voorvalle kan die polisie by 011 951 1152 skakel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top