Talent Africa: Nic Diederichs is gereed!

Gevaughn Brandt, Kgosi Koboelae, Dumisani Ncube, Masego Hlatswayo en Gugu Mhlanga wat meeding vir hulle Gauteng-kleur by die bekende kompetisie, Talent Africa.

Die bekende kompetisie Talent Africa het onlangs afgeskop en vyf van HTS Nic Diederichs se leerders is gekies om aan die semifinaal deel te neem. Die kompetisie vind van 1 tot 8 April plaas.

Talent Africa is een van die mees gesogte nasionale talentkompetisies aangesien dit van die hoogste gehalte is en aan hoë standaarde voldoen. Die hoofdoel is om kunstenaars die beste blootstelling aan rolspelers in die vermaaklikheidswêreld te gee. Die kompetisie bied op nasionale en internasionale vlak geleenthede aan deelnemers.

Die leerders ding tans in verskeie kategorieë mee vir hul Gauteng-kleure. Tydens die kompetisie kry die leerders die kans om moontlik gekies te word om hul land binnekort in New York te gaan verteenwoordig.

Die leerders neem elk in verskillende kategorieë deel wat insluit dramatiese monoloog, tromme, saksofoon, redenaars en gedigte. Hulle is baie opgewonde en het hard geoefen om op dié vlak te kom.

Hulle droom egter groot en wil graag Suid-Afrika binnekort in New York verteenwoordig.

“Ons span is gereed en sal ons skool se naam hoog hou tydens die kompetisie,” het hoofseun van kultuur, Gevaughn Brandt gesê.

Lees gerus meer:

Nic Diederichs matric pupils still positive about their future

Hengel is vir die seuns tweede natuur

Mullies-boeties skitter by talent kompetisie

Aiming for the Big Apple

Local talent heads for international stardom.

Jessica an upcoming super model

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top