Kan iemand help voor ons sterf?

Ek wil die pad agter die Krugersdorp Wildtuin rapporteer. Die N14 vanaf die ‘dippie’ regdeur verby die Wildtuin is vol slaggate.

Die ergste een is voor die tweedehandsemotor-handelaar. Onlangs moes ek in die reën wild stop vir ‘n aankomende voertuig wat moes uitswenk vir die slaggate amper reg oor die pad. Dié voor Môrester-kampterrein en nog verder raak nou ‘n groot risiko vir die bestuurders. Wat dit vererger is die reën; ons kan nie die slaggate sien nie.

Verskeie motoriste moes aftrek weens pap wiele, gebuigde wielrande en nog meer. Daar is geen ligte op die pad nie, dus is daardie pad in die aand pikdonker en die slaggate kan nie gesien word nie!

Is daar iemand wat kan help voor daar sterfgevalle is?

Latest News

COMMENTS

Top