Juanita is binnekort in die dorp

Juanita gaan binnekort by Key West optree. Foto: Facebook.

Die gewilde Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis tree op 18 Februarie om 5nm by Key West Winkelsentrum op.

Kaartjies is teen R20 by die sentrum te koop of kan by webtickets.co.za gekoop word.

Dié Afrikaanse sangeres is op almal se lippe en haar optrede beloof om almal op hulle voete te hê. Juanita is veral bekend vir haar trefferliedjie Ska-Rumba.

Haar liedjies word beskou as iets vir die siel en haar musiek-genre is Afrikaans en sluit pop, country en gospel in.

Haar nuutste album Toe staan die wêreld stil is landswyd beskikbaar.

Lees verder:

Die Heuwels was fantasties by Key West

Bobby van Jaarsveld by Key West

Bobby-koors tref Krugersdorp

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top