100 persent slaagsyfer vir Monnas se 2016-matrieks

Adrian Deyzel, Cameron Schützler, Tristan van Rooyen en Tian Human het geglimlag toe hulle hul matriekuitslae gekry het en het gesê aangesien hulle geslaag het, gaan hulle dadelik hul sukses saam vier.

Hoërskool Monument het omtrent op 5 Januarie gegons toe die matriekklas van 2016 met senuagtige gemoedere hul matriekuitslae gaan haal het.

Die skoolsaal was vol hoopvolle tieners wat sou sien of hulle die toekoms waarvoor hulle hard gewerk het, sou kry.

Ricardo Robberts, Courtney van Niekerk en Keaton Fitzpatrick het hulle matriekuitslae gevier deur op die skool se trappe van blydskap te spring.

Ricardo Robberts, Courtney van Niekerk en Keaton Fitzpatrick het hulle matriekuitslae gevier deur op die skool se trappe van blydskap te spring.

Bewerig het die groep die belangrike A4-grootte dokument uit die plastieksakkies gehaal en enigeen kon van ‘n afstand af sien of die leerder die beste punte moontlik gekry het.

Waar een afgekyk het en sommer dadelik, met ‘n glimlag op sy gesig, sy selfoon uitgeruk het om sy ouers van sy prestasies te laat weet, het ‘n ander in trane bly afkyk.

Amoré Yzelle was só beïndruk met haar uitslae dat sy dadelik haar ouers gebel het om hulle die goeie nuus te gee.

Amoré Yzelle was só beïndruk met haar uitslae dat sy dadelik haar ouers gebel het om hulle die goeie nuus te gee.

‘n Giggellaggie was ook uit die saal hoorbaar toe Ian van Wyk sy dogter, Sharné, se goeie uitslae vir die eerste keer gesien het. Ian het vir Sharné ‘n high five gegee en haar trots omhels.

Een feit was duidelik – die groep is nie meer kinders nie, maar eerder jong grootmense wat ‘n toekoms vol verrassings moet aandurf.

Die skool was baie bly om ‘n 100 persent slaagsyfer aan te kondig. Die groep het altesaam 387 onderskeidings gekry en 72,6 persent van die leerders het universiteitstoelating verwerf.

Danie Wiese, een van die skool se top presteerders het vyf onderskeidings gekry en sal twee van sy ander vraestelle laat hermerk om moontlik sewe te kry.

Ian van Zyl gee sy dogter, Sharné 'n 'high five' vir haar goeie matriekuitslae.

Ian van Zyl gee sy dogter, Sharné ‘n ‘high five’ vir haar goeie matriekuitslae.

Amoré Yzelle het drie onderskeidings en is bly dat sy nou forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom kan gaan studeer.

Sy het vertel dat hoewel sy uitsien na haar universiteitslewe, sy steeds hartseer is om van haar vriende te groet.

“Nie baie van ons gaan saam swot nie, so nadat almal hul uitslae gekry het, gaan ons definitief vir oulaas saamkuier,” het Amoré gesê.

Lees ook

Emosionele dag vir Nories 2016-matrieks

100 per cent pass rate again for KHS

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top