Paartjie haal halfeeu mylpaal

Piet en Lulu Kitching vier hul 50ste huweliksherdenking.

Piet en Lulu Kitching het ‘n prestasie behaal wat skaars is in die tyd waarin ons leef – ‘n 50ste huweliksherdenking.

Die Roodepoort Record se Riaan van Zyl lewer verslag.

Op 7 Augustus 1965, vyftig jaar gelede is hulle in Durban getroud waar hul drie kinders Marlene, Charmaine en Philip gebore is. In Julie 1975 het die gesin na die ou Transvaal verhuis en in Horison gaan woon. Al drie hul kinders het later in atletiek uitgeblink en die destydse Transvaal in baanitems en landloop verteenwoordig.

In Desember 2000 het Pietie en Lulu in Mindalore gaan woon en na 13 jaar woon hulle op ‘n perseel by hul dogter Marlene.

Hulle het agt kleinkinders, vier agterkleinkinders met nog een op pad.

Maar wat is hul wenresep?

“Glo in God, liefde vir mekaar en almal om jou, en ondersteun mekaar in alle opsigte,” het die paartjie gesê.

Verwante artikels:

• Diamantbruilof vir paartjie

• Vyftig goue jare vir paartjie

• Goue bruilof vir egpaar

  AUTHOR
Riaan van Zyl
Journalist Roodepoort Record

Latest News

COMMENTS

Top