Vyftig goue jare vir paartjie

Dorothy en Arndt Maré het onlangs hul 50ste huweliksherdenking gevier.

Dorothy en Arndt Maré is 50 jaar gelede getroud en kyk nog steeds na mekaar asof hulle mekaar net gister ontmoet het.

Die paartjie se kinders en familie het onlangs vir hulle ‘n spesiale geleentheid in die Burgershoop Gemeenskapsaal gehou.

Hulle is op 31 Desember 1963 in the AGS Sentraal in Krugersdorp getroud. Destyds was daar groot partytjie gehou aangesien die paartjie op oujaarsaand getroud is.

Hierdie jaar was die 50ste herdenking geensins anders as ‘n groot familieviering nie.

Die paartjie het vyf kinders, waarvan twee reeds oorlede is. Hulle het ook vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Die news het die paartjie gevra of hulle ‘n geheime resep vir hul lang huwelik het. “Die Here het ons daarvoor gespaar,” antwoord Dorothy.

Die news wens die paartjie alle voorspoed in hulle huwelikspaadjie toe.

Latest News

Top