GPF skenk radio aan La Reynette Sentrum

Annete Brand en Reinetta Ridley van La Reynette Sentrum ontvang hier 'n tweerigtingradio van Martin Oosthuizen van die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum.

“Ons werk as die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is om misdaad in ons omgewing te bekamp.”

Só verduidelik Martin Oosthuizen, ‘n lid van Sektor 3 se GPF toe ‘n tweerigtingradio aan die La Reynette Sentrum in Rant-en-Dal oorhandig is.

Reinetta Ridley van die sentrum het verbete baklei om die forum te vergoed vir hulle diensbaarheid, maar Martin was nie bereid om toe te gee nie en het verduidelik dat alle ouetehuise ‘n diens sonder enige betaling van die GPF ontvang.

Die sentrum wil graag die GPF bedank vir hulle harde werk om hulle omgewing ‘n veiliger plek te maak en hoop dat alle ander tehuise ook van die diens gebruik sal maak.

  AUTHOR
Jacobus Myburgh

Latest News

Top