Vrywilligers kry nuwe voorkoms

Michelle van The Make-up Bunnies is reg vir aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

Vrywilligers word nie betaal nie – nie omdat hulle waardeloos is nie, maar omdat hulle nooit na waarde vergoed kan word nie. Dit gebeur dikwels dat hulle hul eie behoeftes op die agtergrond skuif om in die behoeftes van dié wat dit nodiger het, te voorsien.

Dit is waarom Mug and Tree Gemeenskapsentrum se hoof, Estelle Opperman dit goed gedink het om drie van hul sewe vrywilligers, asook stigter en raadslid Trudie Naudé vir ‘n dag te laat bederf.

Charmaine Heyneke doen Angie Barnard se naels. Foto: Alanicka Lotriet.

Op Maandag, 7 Augustus is dié dames behoorlik gepamperlang toe hulle met ‘n oormaaksessie by Hair @ Maria’s in Wilropark getrakteer is. Die vroue se hare, naels en grimering is gedoen – vir sommiges was dit die heel eerste keer.

“Ek wou hulle bederf vir Vrouedag, net om dankie te sê. Hulle is elke dag getrou by die werk, en aangesien hulle vrywilligerswerk doen, het hulle nie altyd die middele of tyd hiervoor nie,” het Estelle vertel.

Raadslid Trudie Naudé se hare word deur Maria Pienaar versorg. Foto: Alanicka Lotriet.

Daarna het elkeen ‘n geskenkpakkie van Monument Toyota Constantia ontvang, asook ‘n heerlike ontbyt wat die Toyota Knights-groep geborg het.

Nog ‘n rede vir Estelle se geskenk aan die dames is dat haar ontslape ma dié dag sou verjaar het.

“My ma het my van kleins af geleer dat ‘n dame altyd netjies moet vertoon en moeite moet doen met haar voorkoms,” het sy gesê.

Aangesien Maria, The Make-Up Bunny en Charmaine Heyneke goedgunstiglik vir die dag se bederfies gesorg het, sal die res van die vrywilligers eers later aan die beurt kom.

Estelle Opperman is bly dat sy die dames vir die dag kon laat bederf. Foto: Alanicka Lotriet.

“Dit was vir my ‘n voorreg om dit vir hulle te kon reël. Ek sal net graag meer gereeld meer van die vroue in die gemeenskap wil help,” het sy vertel.

Die groepie het werklik met ‘n nuwe voorkoms en ‘n tweede asem by die salon uitgestap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other