update


Krugersdorp Wildtuin wanbestuur tot ashoop-status

Raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus. Lêerfoto.

“Na nog ‘n hewige brand in die Krugersdorp Wildtuin is die eens trotse baken van Krugersdorp verwoes tot ashoopstatus,” het raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus gesê.

Saterdagoggend, 22 Julie, het ‘n brand in die wildtuin ontstaan waarna die nooddienste ontbied is.

Mense wat die brand gesien het, het dadelik nader gehardloop en begin om die brand te probeer blus.

Volgens De Lange kon die skade in die reservaat tot die minimum beperk gewees het as daar vroegtydig, soos die wet voorskryf, die nodige brandpaaie en voorbrande gemaak is.

“Dit is nie die eerste keer dat die wildtuin brand nie. By ‘n vorige geleentheid het gedeeltes van die restaurant en wooneenhede groot brandskade gely.

Die hartseer gevolg van so ‘n groot brand is dat daar weer ‘n ernstige tekort aan weiding gaan wees. Die finansiële las om bykomende voer vir die wild te verskaf, is weer die munisipaliteit s’n.”

Sy het voorts verduidelik dat die Rooimiere-sekuriteitsmaatskappy (Red Ants) in beheer van die wildtuin is.

“Ek onthou dat mense nie lank gelede nie behoorlik tougestaan het om by die wildtuin in te kom terwyl akkommodasie maande vooruit volbespreek was. Daar was gereeld feeste, 4×4-pretdae en die woonwapark was ‘n gewilde kampeerplek. Jy moes bespreek om plek in die restaurant te kry.

“Die wildtuin het gefloreer, soveel so dat daar selfs ‘n TV-reeks in die Ngonyama Lion Lodge (plek van die leeus) verfilm is,” het sy gesê.

Lees die oorspronklike artikel hier: Breaking News: Want to know where the smoke is coming from?

Volgens De Lange gaan die stadsraad se oorsigkomitee, waarvan sy die voorsitter is, ‘n volledige ondersoek na beweerde onreëlmatighede rondom die wildtuin doen.

“Daar moet dringend na die kontrakte tussen die Rooimiere en die ANC-munisipaliteit gekyk word. Die VF Plus het die afgelope jare telkemale in die raadsittings gewaarsku teen die ongerymdhede, onvoldoende verslagdoening en algehele verval van die wildtuin.

“Daar is nie ag geslaan op ons waarskuwings nie en na die naweek se onbeheerde brande, is die wildtuin letterlik ‘n ashoop.

Daar is niks meer om die publiek te bied nie en die lys van die raad se verwoesting, waarop Bob van Reenen-sportstadium ook verskyn, word al hoe langer.”

De Lange het ook genoem dat die brawe brandbestryders bedank moet word vir hul heldhaftigheid tydens die brand. Een van die bestryders het ernstige brandwonde opgedoen en sterk tans in die hospitaal aan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other