Hoërskool Bekker spog met swaarvark-tro’vee’

Hier is van Hoërskool Bekker se varke wat opgeveil is.

Hoërskool Bekker het Donderdag, 29 Junie, hulle varke by die Krugerdorp Wildtuin Veiling verkoop en meer as R80 000 daarvoor gekry.

Daar is 21 varke opgeveil waarvan net twee bere was.

Die varkboerdery vorm deel van die skool se kurrikulum. Die hokke is langs die rugbyveld en die skool het onlangs besluit dat die hokke opgegradeer moet word.

Portia August staan voor een van haar beeste wat sy gaan slag.

‘n Gedeelte van die fondse wat die veiling opgelewer het, sal daarvoor gebruik word, terwyl die res gebruik sal word om nuwe sôe te koop.

Die geslagte varke word gewoonlik by die skool se slaghuis verkoop of vir die koshuis gebruik. Ander word vir die skou gereed gemaak.

Die skool het ook die prys vir die swaarste vark op die veiling gekry – ‘n sog van 271kg wat vir R4 300 verkoop is.

In die stoetbulafdeling het Chris Eksteen, ‘n boer van Tarlton, die prys gekry vir die swaarste dier van die dag. Die bul het 1 134kg geweeg en is vir R39 000 verkoop. Chris spog gereeld met trofeë vir sy goeiegehalte-vee.

Portia August staan voor die bul wat vir R39 000 verkoop is.

Boere van so ver as Randfontein en Carletonville het hul vee laat opveil. Die veiling is deur 450 mense bygewoon. Portia August, ‘n boer van Randfontein het haar beeste, waarop sy baie trots is, na die veiling gebring.

Die bestuur bedank graag almal wat die geleentheid bygewoon het vir hul goeie gees deur die dag.

Hulle bedank ook hul borge, Elandsvlei Voere, Nurti Voere, Ben Morgenrood en PNA skryfbehoeftes, vir hulle bydraes.

Vir meer inligting oor die Krugerdorp Wildtuin Veiling, besoek gerus hul Facebook-blad by .

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smallAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other