Sypaadjie-rommelstortings verklaar

Juandre, wat liefs nie geïdentifiseer wil word nie, versoek die gemeenskap om altyd hul tuindienste te betaal. Foto: Alanicka Lotriet.

Rommelstorting op talle sypaadjies in Krugersdorp het onlangs ‘n populêre tendens begin word, maar hoekom? Tuindienste-eienaar, Jeandre Bischoff het die antwoord.

Jeandre besit die afgelope 13 jaar sy eie tuindienste-onderneming. Boomsloping, rommelverwydering en basiese onderhoud is ook deel van die dienste wat hy lewer.

Hy het tans 72 werknemers wat in verskeie spanne verdeel is en wat op verskillende gebiede spesialiseer.

Volgens Jeandre werk hulle op ‘n subkontrakteerbetalingsbasis; as sy kliënte hom betaal, stel dit hom in staat om sy werknemers te betaal.

Hy het glo onlangs ontdek waarom daar nou skielik rommel op sypaadjies gestort word.

“Ek het self daaroor gewonder, totdat ek uitgevind het dat my eie werknemers dit doen. Ek het dadelik daaraan aandag gegee,” het hy vertel.

Jeandre het verder verduidelik dat wanneer sommige tuindienstewerknemers vir ongeveer twee maande nie betaling van die kliënt ontvang nie, gooi hulle vragte gekombineerde rommel op die skuldenaars se sypaadjies. Hy het gesê dat ander tuindienste se werknemers ook hieraan skuldig is.

“Ek verstaan tog hoekom hulle dit doen. Ons kry nie ‘n maandelikse salaris soos in ander beroepe nie. Ons moet baie hard werk vir bietjies-bietjies betaling. Dis ons brood en botter en somtyds verstaan mense dit nie,” het hy gesê.

Jeandre moedig gevolglik die gemeenskap aan om altyd hul tuindienste te betaal omdat hulle staat maak op daardie betaling om kos op hul tafels te sit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smallAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other