Dapper vrou leef jare met kanker saam

Val wys die twee tatoeëermerke wat sy tydens bestralingsessies gekry het.

Eers was dit net ‘n ongemaklike knoppie, toe ‘n permanente lewenstryd.

Val van der Merwe, ‘n inwoner van Krugersdorp het onlangs met die News gesels oor hoe ‘n klein knoppie onder haar arm, ‘n stryd geword het om aan die lewe te bly.

“Ek het eendag ‘n ry miere in my huis gesien en besluit om hulle dood te spuit,” het Val begin vertel.

“Terwyl ek met ‘n blik gif gespuit het, het daar skielik ‘n wind opgekom en die gif in my gesig laat waai.”

Sy het gesê sy het een of twee keer gekug voordat sy besluit het om eerder haar hande te was om die gif af te kry. ‘n Paar dae later het sy spinnekoppe met dieselfde insekdoder gespuit en na die tyd vreemd begin voel.

Val het weke later ‘n knop op haar skouer ontwikkel en besluit om dokter toe te gaan aangesien sy gehoor het dat glifosaat, ‘n bestanddeel van die produk wat sy gebruik het, glo kanker kan veroorsaak. Alhoewel daar nog nie wetenskaplike bewyse daarvoor is nie, is die kuberruimte propvol artikels oor die onderwerp.

Val wys die twee tatoeëermerke wat sy tydens bestralingsessies gekry het.

Die huisdokter het glo vir haar gesê die knop kan vinnig verwyder word en het haar na ‘n sjirurg verwys.

Intussen het sy nog knoppies in haar nek begin voel. Die knoppe het groter en groter geword en toe sy uiteindelik by die spesialis uitkom, was hy verbaas oor al die knoppe aan haar lyf.

Lees ook: GPF Sektor 5 stap 504km vir kanker

“Die dokter het nagenoeg 25 knoppe ontdek en gesê hy sal dit met bestraling kan behandel. Die nuus dat ek nie-Hodgkin se Limfoom het, was moeilik om te aanvaar, maar die dokter het dit laat klink asof bestraling dit vinnig kon verwyder.”

Val, wat ook ‘n baie vriendelike en lighartige geaardheid het, het gesê sy was skoon verbaas toe daar ‘n tatoeëermerk op haar bors was nadat die eerste bestraling gedoen is. Met die tweede bestralingsessie het sy nog een gekry.

“Dis snaaks, ek het nooit gedink dat ek tatoeëermerke sal kry nie, maar siedaar, op my ouderdom kan ek nog iets op my emmerskoplysie aftik.”

Maar, van daar af het die kanker net vererger. Val moes verskeie keer chemoterapie kry en volgens haar het die dokter te hoë dosisse daarvan voorgeskryf.

“Ek was veronderstel om 100mg MabThera (Rituximab) te kry. Ses dosisse van 100mg. Toe skryf die dokter vir my ‘n 600mg-dosis voor. Saam met die bloedverdunners wat ek moes gebruik, het dit ‘n ligte beroerte veroorsaak. Dit was aaklig. My gesig het gehang en ek kon nie eers water drink sonder om myself te bemors nie.”

Sy het vertel dat die uitgebreide woordeskat wat sy met jare se boeklees opgebou het, skielik gekwyn het.

“Ek kon nie meer vlot lees nie en het nie eers geweet hoe om my rekenaar aan te skakel nie. Ek moes op my oudag weer leer lees, leer praat en leer saamleef met die feit dat die kanker nie sou weggaan nie.”

Nou, amper 10 jaar later het Val geleer om met die pyn en kanker saam te leef. Sy het vertel dat die honderde boeke met spanningsverhale wat sy oor die jare gelees het, en steeds lees, al is wat haar verstand gesond hou.

“Ek sal mal word sonder die spanning. Ek kan nie wag vir die volgende oomblik nie. Die angs en afwagting hou my so besig dat ek nie aan ander goed dink nie.”

Val spandeer nou haar dae in haar huis tussen haar spesiale kruie en hope boeke saam haar enigste kind, ‘n wollerige skoothondjie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Janine Viljoen
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other