Een plus een is nou vyf

Reaul en Charlene met hul pragstukke Zayden, Zwanté en Ziké. Foto: Alanicka Lotriet.

Vir baie mense mag 3 hul gelukkige getal wees, maar vir dié paartjie is die getal 3 die antwoord op hul gebede.

Die afgelope ses tot sewe jaar het Charlene en Reaul de Bruin gesukkel om swanger te raak. Sedert hulle die knoop in 2010 deurgehaak het, wou hulle kinders hê.

Reaul en Charlene met hul pragstukke Zayden, Zwanté en Ziké. Foto: Alanicka Lotriet.

Gedurende die tydperk het Charlene ‘n totaal van drie onsuksesvolle kunsmatige inseminasies gehad.

“Nadat al die inseminasies onsuksesvol was, het ons besluit om in vitro-bevrugting te probeer. Daar word gewoonlik net twee bevrugte eiers ingeplant waarvan slegs een gewoonlik verder ontwikkel, maar ons het drie laat inplant om ons kanse te verbeter,” het sy vertel.

“Ons het saam besluit dat ons sou opgee indien die in vitro-bevrugting nie werk nie, en ons het die kans gewaag,” het Charlene gesê.

Skaars ‘n maand later het die De Bruins uitgevind dat hul mamma en pappa gaan word.

“Vir elke twee jaar wat Krugersdorp gebid het, het ons een kind gekry,” het Reaul laggend vertel.

Nodeloos om te sê het al drie eiers ontwikkel en 34 weke later, op 29 Maart, het die wêreld die spesiale trio Zayden, Ziké en Zwanté verwelkom.

Alhoewel Ziké en Zwanté vir vier weke, en Zayden vir ses weke na hul geboorte in die intensiewesorg-eenheid was, meen Charlene dat dit die beste Moedersdaggeskenk was omdat Zayden die dag voor Moedersdag ontslaan is.

“Daar moet te alle tye minstens drie mense in die huis wees om te help met hul voedings. ‘n Drieling is nie vir sissies nie; niemand berei jou voor nie,” het ‘n moeë, tog tevrede Charlene vertel.

Al gebruik hulle 72 doeke en een blik melk in slegs drie dae, meen die paartjie dat dit die beste ding is wat nog met hulle gebeur het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Alanicka Lotriet
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other