Die belangrikheid van Robotika in skoolvlak

Curro offers first class facilities for their learners.

Terwyl daar wêreldwyd toenemende inisiatiewe is, word Robotika op skoolvlak by Curro Krugersdorp aangebied. Dit is belangrik om eerstens te verstaan wat Robotika presies behels sodat ons kan verstaan hoekom dit belangrik is om leerders te leer hoe om robotte te programmeer.

Wat is Robotika?
In Suid-Korea kan ’n intelligente robot jou die kunsies van Engelse gesprekvoering leer deur middel van geïnstalleerde programme wat deur die Internet opgedateer word. Dit word deur afstandbeheerders en ’n menslike stem gedryf. (Reuters)

’n Robot is inderwaarheid ’n meganiese toestel wat geprogrammeer kan word om ’n aantal instruksies te volg. ’n Robot beskik oor ’n verwerkingseenheid, sensors om sy omgewing waar te neem en motors en aandrywers om sy bewegende dele te help beweeg. Dit kan moontlik praat, ander klanke maak of ligte en kleure flits in reaksie op die omgewing en soos dit geprogammeer is.

Robotte moet geprogrammeerde instruksies kan volg en nie net van ’n afstand af beheer kan word nie.

Hoekom moet dit as vak in skole geleer word?
Aansienlike anekdotiese bewyse bestaan dat leerders goed vaar in vakke wat die programmering van robotte behels.

Vier redes om Robotika in skole aan te bied:

1 Dis groot pret vir kinders
Verskeie kompetisies vir ’n groot aantal ouderdomsgroepe kan kinders se kompetisie-instink op ’n positiewe manier kanaliseer. Kinders kan byvoorbeeld gevra word om ’n robot uit ’n Lego-stel te bou. Dan kan die robotte aan ’n resies deelneem om te kyk watter een die vinnigste is. Die twee beste maniere om IT in die kurrikulum bekend te stel is deur Robotika en rekenaarspeletjie-ontwerp.

2 Doeltreffende manier om leerders aan programmering bekend te stel
Programmering kan soms te abstrak wees. Deur ’n letterlike robot te hanteer en te kyk wat kan fout gaan daarmee, kan leerders agterkom wat ’n robot kan doen en wat nie. Hulle leer ook die belangrikheid van duidelike instruksies.
Robotika gee ook aandag aan die toenemende aanvraag na die onderrig van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde in skole. Tegnologie word direk toegelig deur die programmering van ’n robot en so leer kinders oor wetenskap, ingenieurswese en wiskunde en hoe hierdie vakke by mekaar inskakel.

3 Verskaf vaardighede vir toekomstige indiensneming
Daar bestaan geen twyfel nie dat daar in die toekoms ’n behoefte gaan wees aan mense wat by die programmering van meganiese toestelle betrokke is. Die hommeltuig-bedryf (drones) het reeds veld gewen. Volgens The Economist word meer as 5 000 van hierdie hommeltuigies maandeliks in Suid-Afrika verkoop. Deur robotte te programmeer, kan leerders agterkom of hulle die aanleg en belangstelling in so ’n beroepsveld van die toekoms het.

4 Dit bied ’n legio moontlikhede aan kinders
Genoegsame bewyse bestaan dat robotte besonder geskik is vir interaksie met kinders – hulle reageer positief op die kalm, verstaanbare en volgehoue wisselwerking met robotte.

Curro offers first class facilities for their learners.

By Curro Krugersdorp glo ons aan onderrig buite die boks – en Robotika verskaf die geskikte platform daarvoor. Vir meer inligting oor Robotika in ons kurrikulum, besoek ons Robotika-opedag op 3 Junie 2017 by die Laerskool Curro Krugersdorp.

  AUTHOR
Krugersdorp News

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other