Gewigstoot- en diskusakademie maak opslae

Eben Vermaas, Jaco Engelbrecht, Pierre Blignaut en Kyle Blignaut wat deel vorm van die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie.

Die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie het weereens vanjaar bewys waarom dit een van die top atletiekakademies is.

Die Suid-Afrikaanse Hoërskole Kampioenskappe is onlangs in Durban gehou en die akademie se atlete het nagenoeg 70 persent van die byeenkoms se medaljes in die diskus- en gewigstootitems huis toe gebring. Twee nuwe nasionale skolerekords is ook tydens die byeenkoms geslaan.

Kyle Blignaut, 17, het ‘n 11-jaaroue rekord in die gewigstoot vir seuns o.19 laat spat toe hy JP Hoffman se rekord met ‘n afstand van oor die 20m verbeter het. Kyle is ook aangewys as die beste seunsatleet by die byeenkoms.

Dane Roets, 15, het die o.15-gewigstootrekord verbeter toe sy 15,76m gehaal het. Sy het met die bronsmedalje weggestap.

Die volgende leerders het ook medaljes tydens die byeenkoms verower:

• Mia van Oudshoorn o.19: goud in diskus en gewigstoot

• Jana Steinnman o.19: silwer in gewigstoot

• Meike Strydom o.17: goud in gewigstoot

• Colette Uys o.17: silwer in diskus

• Brendan Vermaak o.19: brons in gewigstoot

• Morne Brandon o.17: goud in diskus en gewigstoot

• Chris van Niekerk o.17: brons in gewigstoot

• Wynand Swanepoel o.15: goud in diskus en silwer in gewigstoot

Die atlete het tydens die Atletiek Suid-Afrika Junior Kampioenskappe wat by die Groenpunt Stadion in Kaapstad plaasgevind het hul diskus- en gewigstoottalente verder ten toon gestel. Verskeie atlete het tydens die byeenkoms vir nasionale deelname gekwalifiseer.

Morne het die diskus 60m ver gegooi en gekwalifiseer vir deelname aan die Wêreld Jeug Kampioenskappe. Meike het ook haar stempel in die gewigstoot afgedruk toe sy met ‘n gooi van oor die 16m geseëvier het.

Ander medaljewenners tydens die kampioenskappe:

• Kyle o.19: silwer in gewigstoot

• Hannes Kruger o.17: brons in diskus

• Jana o.19: goud in gewigstoot en silwer in diskus

• Mia o.19: brons in gewigstoot

• Colette o.17: silwer in diskus

Uit bogenoemde prestasies is dit duidelik waarom al hoe meer atlete van regoor Suid-Afrika by die akademie aansluit. Die akademie is vasbeslote om in die toekoms soortgelyke prestasie te lewer.

Volgens Eben Vermaas, medestigter en afrigter van die akademie, word daar binnekort groot nuus bekend gemaak, wat ook tot groter suksesse sal bydra.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other