Nories se top SA-atlete

Top atlete Francois Marx, Cheri-lee Schoeman, Dané Roets en Diana van Zyl.

Hoërskool Noordheuwel het onlangs by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe behoorlik uitgeblink. Die kampioenskappe het die afgelope April-skoolvakansie in Durban plaasgevind en atlete uit al nege provinsies het met mekaar meegeding.

Vyf Norie-leerders, elkeen met ‘n eie passie vir atletiek, het met verskeie medaljes en baie trots daarvandaan teruggekeer.

Dané Roets het ‘n algehele derde plek in diskus verower. Sy het ook met die gouemedalje en ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord weggestap nadat sy ‘n allermintige afstand van 15,76m in gewigstoot behaal het.

Sandra Wijtenburg.

“Ek het langs die atletiekveld grootgeword aangesien my ma ‘n afrigter was,” het Dané gesê. Sy het ook gesê dat haar prestasie nie moontlik sou gewees het as dit nie vir almal se ondersteuning en haar puik afrigters was nie.

Diana van Zyl het ‘n sewende plek in die 90m hekkies behaal. Sy is baie trots op haar prestasie en het aan die News vertel dat haar ma en oom as kinders aan atletiek deelgeneem het en dat atletiek in hul bloed is.

Cheri-lee Schoeman het aan die 5 000m deelgeneem en die gouemedalje verower. Sy het die wedloop in slegs 11 minute en 40 sekondes afgelê.

“Ek wil graag sport beoefen om ‘n inspirasie vir ander te wees. Ek oefen ses keer per week,” het Cheri-Lee gesê.

Francois Marx het die sewende plek met sy spies losgegooi. Hy het vertel dat die spiesgooigogga hom gebyt het en dat hy die sport baie geniet.

Sandra Wijtenburg het aan die 800m deelgeneem en in die tweede plek geëindig.

Die skool is baie trots op die leerders en glo dat hul harde werk, uithouvermoë en toewyding beloon word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other