New York, hier kom Diederichs se leerders

Talentevolle leerders van agter is Gerhard Trollip, Dumisani Ncube en Gevaughn Brandt. Voor is Masego Hlatswayo, Gugulethu Mahlangu en Kgosi Koboekae.

Die bekende kompetisie Talent Africa is onlangs gehou en vyf van die Hoër Tegniese Skool N Diederichs Technical High School (HTSNDTHS) se leerders het aan die semifinaal deelgeneem.

Die leerders moes met 3 000 ander deelnemers uit al nege provinsies meeding. Hulle het tydens dié nasionale kompetisie vyf gouemedaljes en een silwermedalje ontvang.

Talent Africa is een van die mees gesogte nasionale talentkompetisies aangesien dit aan hoë standaarde voldoen. Die hoofdoel is om kunstenaars die beste blootstelling aan rolspelers in die vermaaklikheidswêreld op nasionale en internasionale vlak te gee.

Die HTSNDTHS-leerders was deel van die Gauteng provinsiale span en al vyf het gekwalifiseer om aan Talent Amerika te gaan deelneem wat binnekort in New York sal plaasvind. Daar word van elke leerder verwag om ‘n deposito van R10 000 in te samel om hul droom te bewaarheid. Daarom doen hulle ‘n beroep op die publiek om hulle te help om hierdie unieke ervaring moontlik te maak.

“Ons sal almal baie graag ons talente wil gaan uitleef in New York,” het Gevaughn Brandt gesê.

Een van die leerders het ook tydens die kompetisie ‘n spesiale toekenning ontvang vir die beste instrumentale vermaak, wat ‘n besondere eer vir hulle afrigter, Ina de Klerk is.

Die leerders is vol moed en is doelgerig om hul drome te laat waar word. Enigiemand wat gewillig is om die leerders te borg, kan die skool skakel by 011 660 3161.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other